Mielie-pap Muffins

Mielie-pap Muffins
Preparation time: 20 min Cooking time: 30 min Easy - for beginners Serves: 6

Description

Lekker saam met braaivleis!

Ingredients

  • ¢ 2 koppies mieliemeel
  • ¢ 4 koppies water
  • ¢ 1 teelepel sout
  • ¢ 3 eetlepels olyfolie of botter
  • ¢ 2 eiers
  • ¢ 2 hande vol kaas, gerasper
  • ¢ 4 eetlepels gekapte vars kruie, of 1 eetlepel droë kruie
  • ¢ 1 teelepel rooipeper
  • ¢ 1 teelepel paprika
  • ¢ 1 koppie heel mieliepitte
  • ¢ 6 sondroogtamaties, gekap
  • ¢ 12 kersietamaties, gehalveer

Method

1 Voorverhit die oond tot 200 ºC. 2 Maak eers die pap. Bring die water en sout tot kookpunt. Voeg die mieliemeel daarby en roer tot dit verdik. Laat dit met ™n deksel op prut vir 10 minute. Verwyder dit van die hitte en laat die pap afkoel. 3 Meng die res van die bestanddele saam en voeg die koue pap daarby. 4 Skep die mengsel in ™n gesmeerde muffinpan. Skep dit maar vol, want dit rys glad nie. Bak die muffins vir ongeveer 20 minute.

Wenk: Die muffins is ™n blink plan as jy oorskietpap het. Gooi ™n hand of drie vol gebraaide spek of oorskietboerewors by en eet dit vir brekfis. Dis ™n geduldige resep dié.


Spotted a problem with this recipe? Contact me